Flitsverslag uit Mexiko oor hoe God antwoord!

Flitsverslag uit Mexiko oor hoe God antwoord!

Die volgende e-pos het die uitsluitlike doel om u weereens dankie te sê dat u na ons land gereis het om saam aan “Twee Nasies, Een Projek” deel te neem. Ons deel graag die wonders en wonderwerke wat God gedoen het in net die paar dae na ons historiese biduur met julle.

Saterdag, in die staat Chiapas, is beslag gelê op een van die grootste kristalmeth-laboratoriums wat ooit ontdek is.

In die staat Quintana Roo is 10 mense wat aan die "Zetas" behoort aangehou.

Sondag, in Michoacan, is 36 lede van die bende “La Familia” ook aangehou en nog 11 is dood. Daardie selfde Sondag in Noord-Meksiko in die staat Sonora is 400 kilo dagga gekonfiskeer, en 4 dwelmhandelaars is aangehou.

In 'n ander noordelike deelstaat Coahuila is een ton kokaïen gekonfiskeer en 4 lede van "Los Zetas" is aangehou.

Dank God vir al hierdie aksies waar ons die begin kan sien van wat ons daardie nag van gebed in geloof verklaar het met betrekking tot die vrede, vryheid en veiligheid van ons nasies.

Gloria en Dios!