Iran: Stilte uit die tronke

Iran: Stilte uit die tronke

“Tans weet ons van agt Iranse Christene wat steeds in die tronk is weens hul geloof. Ses het etlike maande in die tronk deurgebring: Farshid Fathi, Vahik Abrahamian, Abrahim Firouzi, Masoud Delijani, Noorollah Ghabitzadeh en Yousef Naderkhani – wat ter dood veroordeel is.

Daar was baie min nuus oor die welstand van die gevangenes, alhoewel daar onbevestigde berigte van swak gesondheid, eensame opsluiting en voortgesette mishandeling is. Hierdie stilte verhoog die spanning op die familie en ondersteuners van die gevangenes.

Twee Azeri-Christene, Vahid Rofegar en Reza Khanamoei, is op 15 Julie naby die stad Kalibar in hegtenis geneem en is nou in die tronk. Hierdie arrestasies kan moontlik verband hou met klagtes oor die verspreiding van die Christendom in Azerbeidjan.

Die meerderheid van die byna 300 gelowiges wat die afgelope jaar in hegtenis geneem is, is vrygelaat, hetsy op borgtog of met ernstige waarskuwings en dreigemente teen enige verdere Christelike aktiwiteite.

Bid asseblief vir nuus uit die tronke, vir families van die vervolgdes, en wysheid vir diegene wat vir die vervolgdes pleit.

Alhoewel daar stilte vanuit die tronke is, klink die krete van die mense van Iran hard en duidelik namate die boodskap van die Evangelie steeds 'n impak oor die hele nasie het ... Ten spyte van die toename in vervolging, het ons 'n groeiende dors na die Woord van God in 2011. Hoe meer ons die Nuwe Testament versprei het, hoe gewilder het dit blykbaar geword. Hoe meer programme ons vir TV vervaardig, hoe groter die reaksie, en hoe meer mense ons oplei vir die bediening, hoe vinniger groei die kerk.

Bid asseblief dat die uitroepe van die mense van Iran gehoor sal word, en dat die Heilige Gees elke gebroke lewe sal aanraak.”