Boodskappe van betroubare bronne wat inkom oor die Soedan-regeringsmagte se voortgesette bombardement in die Nuba-berge beskryf 'n ernstige krisis in die Blou Nyl-streek. Een boodskap wat pas van Soedan ontvang is, sê: "Die suidelike Blou Nyl-streek is aan die brand, en ons moet bid." Vuur beteken hier bose aanslag op die burgerlikes deur die regeringsmagte. Hoeveel onskuldige mense sal sterf?
Bid asseblief:
1) dat God sy mag sal wys vir diegene wat hulpeloos is in die situasie en hul skild en hul beskerming sal wees.
2) dat Hy die harte van die leiers sou verander en dat wêreldleiers sou sien wat werklik gebeur en gepaste reaksie sal neem.
3) dat die mense wat hierdie dinge pleeg aanspreeklik gehou sal word en dat die werke van die bose in Soedan vernietig sal word.
4) vir Moslems in Soedan – dat God Homself aan hulle sou openbaar en dat hulle in hulle miljoene na Jesus sou draai.
Gebaseer op betroubare bronne binne Soedan (oorgedra deur Norman Johnson)