Sirië het ons gebede nodig

Sirië het ons gebede nodig

Te midde van pyn vind hulle God.

Van ons gelowige broers en susters in Damaskus, wat ons gebede nodig gehad het, het hierdie gebedsversoek gekom. Sal jy saam met ons bid vir almal in Sirië en elders wat onder geweld ly en op Jesus vertrou om hulle te bewaar....bid veral vir diegene wat nog nie hoop in Jesus het na hierdie lewe nie! So baie moet nog Sy liefde ken!

Bid asseblief dat baie die waarheid sal hoor en dit sal aanvaar.

• Bid dat God die hart sal verander van daardie ekstremiste wat uit ander Moslemlande na Damaskus kom om te veg. Bid dat hulle Sirië sal verlaat met die boodskap van die Evangelie. Net soos Paulus, toe hy op pad was na Damaskus om die Christene te vervolg, maar later het hy Damaskus verlaat met die Evangelie van hoop.
• Bid vir diegene wat vervolg word vir hul geloof.