GLOBALE MAAND VAN GEBED VIR PASTOOR NADARKHANI – 12 Maart-12 April

GLOBALE MAAND VAN GEBED VIR PASTOOR NADARKHANI – 12 Maart-12 April

Liewe vriende,

Op 12 April word pastoor Yousef Nadarkhani 35.

Maar in plaas daarvan om verjaardagvieringe saam met vriende en familie te beplan, bly hy in die tronk in Iran, en leef met die dreigement van 'n teregstelling wat enige tyd kan gebeur.

Daarom loods Christian Solidarity Worldwide (http://www.csw.org.uk/home.htm) 'n maand van gebed en aksie vir hom in die aanloop tot sy verjaardag.

In die herfs van 2011 het CSW se voorspraak en veldtog 'n golf van wêreldwye optrede namens pastoor Nadarkhani ontketen. Dit het 60 000 aktiviste namens hom gemobiliseer. CSW se steunwerwingspogings het stellings van internasionale politici en wydverspreide mediadekking gestimuleer.

Pastoor Nadarkhani is in 2009 in hegtenis geneem kort nadat hy die Moslem-monopolie van godsdiensonderrig vir kinders in Iran bevraagteken het, wat volgens hom ongrondwetlik was. Hy is aangekla, verhoor, aan afvalligheid skuldig bevind en ter dood veroordeel. Hy is sedertdien in die tronk en is onder druk om sy geloof te verloën sodat die aanklagte nietig verklaar en die doodvonnis opgehef kan word. Binne die afgelope maand het ons onbevestigde berigte ontvang dat sy teregstellingsbevel onderteken is.

Wys jou ondersteuning - sluit aan by die maand van gebed! In Handelinge 12 lees ons van Petrus se wonderbaarlike vrylating uit die tronk terwyl die Kerk ernstig vir hom gebid het. Ons het 'n belangrike rol om te speel deur in solidariteit met Pastoor Nadarkhani te staan en te bid vir die opheffing van die doodvonnis, en vir sy onvoorwaardelike vrylating. Sien die skakel www.csw.org.uk/nadarkhani.