Konflik verskerp langs die Soedan/Suid-Soedan-grens

Konflik verskerp langs die Soedan/Suid-Soedan-grens

http://globaldayofprayer.us4.list-manage.com/track/click?u=61b0c63c85d40ff9701a40c76&id=3648c7487b&e=f9768a534f)
berigte:

Bomme ontplof terwyl oorlog tussen Soedan en Suid-Soedan steeds toeneem. Soedan se president het verlede week oorlog teen die suide verklaar.

Peter Howard met Food for the Hungry (http://globaldayofprayer.us4.list-manage.com/track/click?u=61b0c63c85d40ff9701a40c76&id=10842048af&e=f9768a534f) berig dat die verhoogde spanning hul programme beïnvloed het. “Die regering van Suid-Soedan het vir hul gemeenskappe – gemeenskappe waarin FH werk – gesê (om hul mense jakkalsgate te laat grawe sodat wanneer die bomaanvalle kom, hulle by daardie jakkalsgate kan ingaan om dekking te kry; maar ook die konflik kry te veel, sodat mense eintlik begin vlug of beweeg.” "Namate konflik toeneem, styg voedselpryse, en voedsel word skaarser. So op die oomblik is die groot bekommernis wanvoeding.... Daar is kommer dat wanvoeding in die komende weke met 50% kan toeneem as gevolg van die uitdaging om kos in te kry. en nou uit Soedan.”

Maar Howard sê die Evangelie maak 'n verskil. "Ons voel dat om daar te wees en die boodskap te deel -- die Evangelie van vrede -- krities belangrik is. Ons hoop is dat mense dit nie net fisies sal aanvoel en ware vrede sal voel nie, maar ook die vrede van Christus sal ken." Gebed is die belangrikste, sê Howard.

Lees die volledige artikel.
(http://globaldayofprayer.us4.list-manage.com/track/click?u=61b0c63c85d40ff9701a40c76&id=61c4d2bee5&e=f9768a534f)

BID:
• Bid dat God die konflik sal beëindig en baie na Christus sal bring as gevolg daarvan.
• Bid vir die onskuldiges wat swaarkry
• Bid vir die wat honger is vir voeding en skuiling
• Bid vir werkers in die veld - vir hul veiligheid en persoonlike behoeftes