Terwyl die nasie Sierra Leone voorberei vir die komende Presidensiële en Parlementêre verkiesings op 17 November 2012, bid asseblief dat die vrede, stabiliteit en rustigheid wat hierdie nasie geniet het na tien jaar van wrede burgeroorlog gehandhaaf sal word.
Bid asseblief vir 'n vreedsame, regverdige, vrye en deursigtige verkiesing en dat daar geen geweld, vandalisme, opstand of bedrog sal wees nie.
Bid dat pastore en kerkleiers nie in die politiek deurmekaar sal raak en hul roeping sal kompromitteer nie. Daar is 'n paar pastore en godsdienstige leiers wat beweer dat hulle profeteer en valse hoop aan politici gee, dat hulle diegene is wat die Here gekies het, selfs al het die Here nie gepraat nie. Bid asseblief dat die woord met integriteit verkondig sal word en nie verwater word nie.
Bid asseblief dat baie gedurende hierdie tydperk tot die reddende kennis van die Here Jesus Christus sal kom.