Swede: Onluste het verder as Stockholm versprei

Europa - - 30 Mei 2013 - Print - Email

Polisieversterkings is Vrydag na Stockholm ontplooi om onrus te help bedwing, aangesien oproer vir 'n sesde agtereenvolgende nag voortgeduur het en verder as die Sweedse hoofstad versprei het. (Sien Gebedswaarskuwing 21-2013) 'n Byna week lange vlaag van oproer het Vrydag buite Stockholm versprei, maar owerhede het gesê polisieversterkings wat na die Sweedse hoofstad gestuur is, het die geweld daar verminder, al het tientalle jeugdiges motors en 'n herwinningstasie aan die brand gesteek. Die oproer - wat vroeër vandeesmaand begin het deur die polisie se skietery op 'n 69-jarige man - het vir 'n sesde nag voortgeduur in hoofsaaklik arm immigrantegebiede in Stockholm. Die oproer het 'n breuklyn ontbloot tussen 'n welgestelde meerderheid en 'n minderheid - dikwels jong mense met immigrante-agtergronde - wat swak opgevoed is, nie werk kan kry nie en voel dat hulle na die rand van die samelewing gedruk word. Twee motors is in Stockholm aan die brand gesteek, maar die stad het blykbaar sy rustigste nag gehad sedert die moeilikheid begin het.

Bid: vir 'n oplossing vir hierdie probleem en dat die weg van vrede gevind sal word. (2Tim.2:22)

Meer : http://www.france24.com/en/20130525-sweden-riots-spread-beyond-stockholm