Swede: Onluste pak die voorstede van Stockholm ná polisieskietery

Europa - - 23 Mei 2013 - Print - Email

Oproeriges het vir die derde nag agtereenvolgens vure aangesteek en nooddienste met klippe bestook in die voorstede van Stockholm nadat ’n man deur die polisie doodgeskiet is. Voorvalle is in minstens nege voorstede van die Sweedse hoofstad aangemeld en die polisie het agt arrestasies gemaak. Sondagaand is meer as 100 motors aan die brand gesteek, berig Sweedse media. Die polisie in die behoeftige, grootliks immigrante woonbuurt Husby het verlede week 'n man doodgeskiet nadat hy glo gedreig het om hulle met 'n kapmes dood te maak. Die stigter van 'n plaaslike jeuggroep het aan die Sweedse media gesê die onluste was 'n reaksie op 'polisiebrutaliteit'. Eerste Minister Fredrik Reinfeldt het Dinsdag aan verslaggewers gesê Swede sal nie deur oproeriges geïntimideer word nie. Dinsdagaand is motors in die weste en suide van Stockholm aan die brand gesteek, en klippe is na polisiebeamptes en brandbestryders gegooi. Een gebied wat geraak is, Rinkeby, het in 2010 soortgelyke oproer beleef.

Bid: dat die owerhede 'n oplossing vir hierdie oproer sal vind om 'n vreedsame uitkoms te bring. (Luk.2:14)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-europe-22622909