Die stad Barcelona, alom bekend as 'n Europese Mekka van anti-klerikale postmodernisme, het ingestem om 'n amptelike mega-moskee te bou met 'n kapasiteit vir duisende Moslem-aanbidders. Die nuwe struktuur sal die massiewe Islamitiese Kultuursentrum in Madrid meeding, tans die grootste moskee in Spanje. 'n Amptenaar in die kantoor van die burgemeester van Barcelona sê die doelwit is om die sigbaarheid van Moslems in Spanje te verhoog, asook om die 'gemeenskaplike waardes tussen Islam en Europa' te bevorder. Die bou van nuwe moskees kom op 'n tydstip toe munisipaliteite wat aan die Sosialistiese Party gekoppel is, dosyne Christelike kerke regoor Spanje gesluit het deur middel van nuwe soneringswette wat verskeie howe nou diskriminerend en ongrondwetlik beslis het. Die Moslem-boutog weerspieël die toenemende invloed van Islam in Spanje, waar die Moslem-bevolking in 2010 tot 'n geraamde 1,5 miljoen gestyg het, vanaf net 100 000 in 1990, danksy massiewe immigrasie.
Bid: vir die Kerk in Spanje om hierdie nuwe jaar die uitdaging aan te gaan om die mure te herbou. (Jes.58:12)
Meer: http://www.openheaven.com/forums/forum_posts.asp?TID=35170&PN=1&TPN=1