Die Spaanse regter Fernando Ferrin Calamita is vir tien jaar geskors en beveel om sy salaris van sowat 100 000 euro aan die regering terug te gee omdat hy 'n besluit uitgestel het om 'n lesbiër toe te laat om haar lewensmaat se kind aan te neem. Hy moet ook die egpaar meer as 5 000 euro as vergoeding betaal en nog 'n boete van $700 betaal. Calamita is daaraan skuldig bevind dat hy die aannemingsproses belemmer het toe hy die lesbiër se versoek om die kind aan te neem geweier het terwyl hy gewag het vir ’n verslag oor die impak van selfdegeslaggesinne op kinders. Hy is aanvanklik vir twee jaar uit die praktyk geskors, maar die hooggeregshof het in Desember 2009 die skorsing tot 10 jaar verhoog. 'Die kragtige Spaanse homoseksuele lobby, met die toestemming of passiwiteit van al die instellings, het besluit om Ferrin te straf en hom 'n voorbeeld te maak,' het die konserwatiewe Spanje-gebaseerde Professionals for Ethics volgens die Catholic News Agency gesê.
Bid: dat regter Calamita herstel sal word met sy reputasie ongeskonde. (Job 5:4)