Rusland: Kaukasus die volgende slagveld vir Al-Kaïda?

Europa - - 02 Jun 2011 - Print - Email

Selfs al is Osama bin Laden dood, kan die Al-Kaïda-terreurgroep sy oorlog teen die Weste uitbrei. Volgens sommige terroriste-kenners kan Al-Kaïda sy visier op die Noord-Kaukasus-streek van Rusland hê. Een verslag dui aan dat terroriste in die Noord-Kaukasus radikale Salafi-Islam gebruik het om ontevrede jeugdiges te werf wat op die slagvelde van die twee Tsjetsjeense oorloë grootgeword het. Volgens die president van die Russiese ministeries, Sergey Rakhuba, is wegsteekbewyse reeds ontbloot wat hierdie bewerings ondersteun. Volgens Rukhuba beteken dit dat daar 'n geestelike stryd aan die gang is vir die siele van Rusland se jeug in die streek. Hy sê: 'Dit is die strategie vir Al-Kaïda: om uit te reik na jongmense, om hulle in al daardie ondergrondse selle te breinspoel, om hulle van allerhande valse filosofieë te voorsien en hulle aan te moedig om vernietiging in daardie gemeenskappe te gaan bring.'