Volgens die Russiese Unie van Evangeliese Christene-Baptiste is pastoor Yuri Golovin, 'n prediker by die Central Baptist Church in St Petersburg, deur onbekende aanvallers geslaan buite die huis van 'n bejaarde kerklid wat hy van plan was om te besoek. Na die aanranding het pastoor Golovin daarin geslaag om die kerklid se aandag te trek, wat dadelik 'n ambulans ontbied het. Ongelukkig het pastoor Golovin in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Daar is geen bevestiging van wat die aanval gemotiveer het nie, maar 'n berig in die International Christian Newspaper dui daarop dat sy aanvallers moontlik plaaslike dwelmverslaafdes was. Yuri Golovin was die hoof van The Gideons-afdeling in St Petersburg en Leningrad. Jeugpastoor Anton Tretyak het gesê dat Yuri 'n wonderlike voorbeeld was van 'n lewende Christen, wat nie skaam was om van Christus te getuig en vir Christus te lewe nie.
Bid: vir die familie van Pastoor Yuri Golovin. Bid ook dat die Here die verantwoordelikes voor die gereg sal bring en dat hierdie tragedie tot baie nuwe geleenthede vir die Evangelie sal lei. (Heb.12:1)
Meer: http://www.sga.org/2010/05/baptist-pastor-beaten-to-death-in-st-petersburg/