Kosovo is 'n betwiste gebied in die Balkan wat aan Sentraal-Serwië, Masedonië, Albanië en Montenegro grens. Sy grootste stad en hoofstad is Pristina. Binne die laaste paar maande was Christene in Kosovo die slagoffers van wat beskryf is as die toenemende invloed van radikale Moslemgroepe. Pastoor Artur Krasniqi het gesê 'n kerklid van 'n dorp in die westelike deel van die land is onlangs wreed geslaan. Twee dae ná hierdie aanval het Kosovo-polisie 'n groep van vyf mense gearresteer wat as verantwoordelik beskou word. Boonop, het Krasniqi bygevoeg, is een van sy kerk se geboue in Pristina onlangs gevandaliseer. Hy is bekommerd oor Islamitiese invloed. 'Moslem-radikalisering van ons land het ons ernstige bekommernis geword, aangesien dit nie net ons demokratiese waardes en vryhede sal beïnvloed nie, maar ook ons veiligheid en welstand.' Krasniqi het gevra dat diegene wat bekommerd is oor die lot waarmee sy medegelowiges te kampe is, aan beide die Eerste Minister en die President van Kosovo skryf om hul kommer uit te spreek.
Bid: vir die veiligheid en vryhede van ons Christenbroers en -susters in Kosovo. (Rigt.10:12)
Meer: http://www.openheaven.com/forums/forum_posts.asp?TID=32912&PN=1&TPN=1