Radikale Islam styg in Balkan

Europa - - 14 Feb 2013 - Print - Email

Net soos Al-Kaïda sy bereik uitbrei deur franchises vanaf die Arabiese Skiereiland en regoor Noord-Afrika, kan dit binnekort verbind word met die groei van radikale Islamiete in die Balkan. In die 1990's het Soennitiese Moslems na Albanië, Bosnië, Herzegowina en Kosovo begin versprei, wat eens die hart van Christelike Serwië was. Hierdie verspreiding word geneutraliseer deur Christelike meerderhede in Bulgarye, Kroasië, Masedonië, Montenegro, Serwië en Slowenië. Die Balkan het egter 'n geskiedenis van Islamitiese konsentrasie sedert die einde van die Koue Oorlog. Osama bin Laden het byvoorbeeld liefdadigheidsorganisasies daar begin stig as 'n manier om geld in te sit om te help met die verspreiding van Islamitiese militantheid teen die Christene. Die Balkan was waar Moslems teruggetrek het na die onsuksesvolle beleg van Wene op 11 September 1683. Dit was 'n geveg van die Heilige Romeinse Ryk saam met ander militêre magte van Christelike lande om die verspreiding van die Ottomaanse Ryk na Europa teë te werk.

Bid: teen die verspreiding van radikale Islamisme oor die Balkan. (Jer.25:32)

Meer: http://europenews.dk/en/node/64120