Liechtenstein: Kerke gaan staatsbefondsing verloor

Europa - - 07 Jul 2011 - Print - Email

Kerke in Liechtenstein, een van die wêreld se kleinste lande, kan finansiële rampe in die gesig staar onder regeringsplanne om staatsubsidies ingevolge nuwe wetgewing te onttrek. "Dit sal 'n drastiese verandering wees - ons is afhanklik van finansiële ondersteuning, en daar sal geen kans wees om dit te bekom as die nuwe wet deurgaan nie," het Markus Meidert, president van die Evangelies Lutherse Kerk van Liechtenstein, gesê. Maar die nuwe wet sal veral moeilik en verraderlik wees vir kleiner kerke soos ons s'n, wat geen van die Katolieke Kerk se hulpbronne het nie.' ’n Wetsontwerp voor Liechtenstein se parlement met 25 lede stel voor om die Rooms-Katolieke Kerk se status as amptelike staatskerk te beëindig en ook staatsubsidies van erkende godsdiensgemeenskappe te onttrek. Mnr Meidert het aan ENI nuus gesê dat staatstoelaes die helfte van die huidige begroting van die Evangelies-Lutherse Kerk uitmaak, wat geen manier het om inkomste te genereer soos Christelike kerke in die naburige Duitsland nie.

Bid: vir die kerke in Liechtenstein terwyl hulle hierdie uitdaging in die gesig staar en bid dat hulle sal onthou dat God Jehovah Jireh is en dat Hy sal voorsien. (Mt.16:18)

Meer: http://www.ekklesia.co.uk/node/15054