Letland: Pastoor in die voormalige USSR gebruik internet

Europa - - 27 Aug 2011 - Print - Email

Alexey Ledyaev, die leier van die internasionale Christelike beweging 'New Generation' het sy redes vir blogs onthul, iets wat nooit toegelaat is in die donker dae van die Sowjetunie nie. Hy het gesê: 'Party kyk na preke - sommige nie. Sommige lees boeke - sommige doen nie, die toekoms is internet.' Pastoor en joernalis Ledyaev lei 'n 5 000-sterk nie-kerklike kerk in Riga, Letland wat hy in 1989 gestig het nadat hy uit Kazakstan geëmigreer het. Hy merk op die hoofdoel vir die media en elke joernalis is om by die waarheid uit te kom, 'wat iemand sal help om te lewe'. 'Mense is nou anders. Gister was die grootste sonde rook in skooltoilette, nou smul hierdie ouderdomsgroep aan dwelms en seks. Egskeiding was eens 'n groot sonde, maar nou is dit niks vir baie nie. Gister was aborsie 'n verskriklike godslastering oor menselewe, maar dit is nou 'n gewone ding. Kerk moet vandag meer effektief en modern wees.'

Bid: vir meer Christelike woordmakers en innoveerders om die internet regoor die nasies te gebruik terwyl hulle standaarde van onsedelikheid in oop en eerlike gesprekke aanspreek. (Ro.10:14)

Meer: http://www.assistnews.net/STORIES/2011/s11080112.htm