Frankryk: Verwerp gay 'huwelike' in historiese stemming

Europa - - 16 Jun 2011 - Print - Email

Franse wetgewers het vandag 'n wetsontwerp verwerp om 'homoseksuele huwelike' te wettig in 'n beslissende stemming deur die Nasionale Vergadering, die land se laer wetgewende huis, berig LifeSiteNews.com. Vergaderingverteenwoordigers het met 'n meerderheid van 293 tot 222 teen die wetsontwerp, wat deur sosialiste voorgestel is, gestem. Die stemming volg op 'n uitspraak in Januarie deur die land se hoogste hof, die Grondwetlike Raad, wat verklaar dat homoseksuele 'huwelik' nie 'n grondwetlike reg is nie. Alhoewel 'n onlangse en baie aangehaalde peiling bevind het dat 'n meerderheid van die Franse kiesers, 58 persent, die skepping van homoseksuele 'huwelik' ten gunste is, het Michel Difenbacher van die meerderheid Union for a Popular Movement (UMP)-party gesê hy dink dit is nie nodig om 'om gaan met die wind en ook nie om te gee aan mode nie' met betrekking tot die kwessie. "Ons is teen homofobie, maar ons wil nie die beeld en funksie van die huwelik binne die samelewing verander nie," het Difenbacher gesê.

Bid: dat hierdie besluit deur die mense aanvaar sal word.

Meer: http://www.lifesitenews.com/news/french-national-assembly-rejects-homosexual-marriage-in-historic-vote