Die Franse polisie hou nege vermeende Islamiete aan as deel van 'n ondersoek teen terrorisme. Drie is verlede Dinsdag in die suide van Frankryk in hegtenis geneem. Die ander ses wat verlede Maandag in die Parys-omgewing aangehou is, is deur die minister van binnelandse sake, Manuel Valls, as 'besonder gevaarlik' beskryf. Hulle word ondervra deur anti-terroriste-ondersoekers by Levallois, noord van die hoofstad. Volgens wet kan hulle vir tot vier dae aangehou word. Maandag se klopjagte deur anti-terreurpolisie het in drie dorpe rondom Parys plaasgevind. Vier van die ses verdagtes is Frans, een is van Benin en die ander van die Comore-eilande. Daar word gesê dat hulle almal in hul twintigs en dertigs oud is. Hulle was vermoedelik betrokke by gewapende rooftogte, insluitend 'n aanhouding by 'n bank naby die hoofstad in April. Sedert die moorde deur een individu van sewe mense verlede jaar in Toulouse, is verskeie terroriste-selle volgens die minister van binnelandse sake afgebreek. Frankryk het sy binnelandse terreurwaarskuwingsvlak verhoog ná sy militêre ingryping in Mali.
Bid: dat die owerhede sal voortgaan om suksesvol te wees om die terreuraktiwiteite te stuit. (Spr.2:7)
Meer: http://www.euronews.com/2013/06/25/french-police-swoop-on-islamist-terror-suspects/