Europese week teen kanker

Europa - - 13 Jun 2013 - Print - Email

Die Europese kommissie skat dat 700 000 mense elke jaar sterf en miljoene EU-burgers ly as gevolg van rookverwante siektes. Tabakverbruik is verreweg die grootste vermybare gesondheidsrisiko en die grootste oorsaak van voortydige dood in die EU. Linda McAvan parlement se rapporteur oor die tabakprodukte richtlijn, het gesê: 'Die grootste bekommernis vir my is dat meer jong mense rook as volwassenes in die EU.' Die Britse MEP, wat 'n lid van die parlement se omgewings-, openbare gesondheids- en voedselveiligheidskomitee is, het gesê dat 28 persent van Europese burgers rook. Volgens die Europese kommissie is die syfer vir 15 tot 24-jariges effens hoër, op 29 persent. "Ons moet iets doen om die werwing van kinders en jongmense in rook aan te pak, en dit is waaroor hierdie nuwe wet van Europa gaan," het McAvan gesê.

Bid: dat die stryd teen kanker en rook deur jongmense ernstig opgeneem sal word. (Ps.144:1)

Meer: http://www.theparliament.com/latest-news/article/newsarticle/european-week-against-cancer-kayleigh-lewis/#.Ubc4NdhkkYU