Voorbidders van baie Europese nasies sal weer in Dublin, 11-18 Mei, vergader om vir Europa en veral vir Ierland te bid. In die beplanning is goeie kontakte met die Evangeliese Alliansie en die Lydia gebedsbeweging gemaak. ’n Parlementslid van Noord-Ierland, wat ’n gelowige is, sal ook besoek aflê. Groot kwessies in Ierland in hierdie tyd is die veldtog teen die legitimering van aborsie en die ekonomiese herstel.
Bid: vir God se genade vir Ierland en sy behoeftes, vervulling van baie profesieë vir 'n herlewing in Europa. (Hab.2:3)