Herman Van Rompuy, president van die Europese Raad, het kommer uitgespreek oor Europa se 'energiedilemma'. Met die opening van die Europese sakeberaad Woensdag in Brussel, het hy gesê: 'Dit word nou duidelik; Europa kan uiteindelik die enigste vasteland in die wêreld wees wat van ingevoerde energie afhanklik is. Reeds teen 2035 sal ons afhanklikheid van olie- en gasinvoere meer as 80 persent bereik. Dit sal 'n impak hê op die mededingendheid van ons maatskappye, en van ons ekonomie as geheel. Hy het gesê hy wil hê die 'energiedilemma' moet op die agenda verskyn by volgende week se Brussel-beraad van EU-leiers en staatshoofde. Van Rompuy het in 'n hooftoespraak gesê die herlewing van werkskepping en groei is Europa se 'voorste' politieke prioriteit. Ander doelwitte is om werkloosheid te beveg en groei op die kort termyn te ondersteun en die ekonomiese en monetêre unie te versterk.
Bid : vir die Brussel-beraad soos dit volgende week vergader dat wyse besluite deur die afgevaardigdes geneem sal word. (Spr.1:5)