"Ons leef in geglobaliseerde tye wat veroorsaak dat groepe onseker voel oor hul identiteit wat geradikaliseer en geslote geword het eerder as oop vir ander," het die direkteur van die Kerk- en Samelewingskommissie van die Konferensie van Europese Kerke (CEC) gesê. Vroeg in April het die CEC 'n 'Euro-Arabiese dialoog' in Kreta van stapel gestuur om te bepaal hoe Christen- en Moslemgroepe op bestaande vertrouensverhoudings kan bou. 'In Europa waar godsdiens dikwels as 'n probleem gesien is, was die publieke mening nie bekommerd oor die lot van godsdienstige gemeenskappe nie. Dit is nou besig om te verander namate valse beelde van godsdiens plek maak vir 'n groter bewustheid van die bydrae daarvan tot die gemeenskaplike belang. Dit is nie kerke se taak om praktiese optrede voor te stel nie, ons vra vir 'n duidelike waarskuwing oor die gevolge van voortgesette vervolging.' Sommige sê Christene bied 'n sagte teiken omdat hulle nie terugveg nie - maar baie Moslems beskou Christene as 'n sterk sendingnetwerk en is op die verdediging.
Bid: vir besluite wat deur hierdie groep en ander soortgelyke vergaderings geneem word om God se geestelike voorsiening oor Europa in te lui. (Ps.125:3)