Bosnië: Stem vir die toekoms van verdeelde nasie

Europa - - 08 Okt 2010 - Print - Email

Kiesers in Bosnië-Herzegowina het begin stembriewe uitbring in algemene verkiesings wat beskou word as deurslaggewend vir die toekoms van die gebroke nasie waar politici lidmaatskap van die Europese Unie (EU) en Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) soek. Daar is internasionale kommer dat die land langs etniese lyne uitmekaar sal val. Byna 15 jaar nadat Bosnië se etniese oorlog geëindig het, het Moslems, Kroate en Serwiërs begin stem in verkiesings wat ten minste sommige mense hoop samewerking in die gebroke nasie sal verhoog. Die internasionale gemeenskap, wat Sondag se stemming monitor, wys daarop dat samewerking tussen die verskillende etniese gemeenskappe van kardinale belang is, ook om 'n groot ekonomiese krisis in die land te oorkom, waar statistieke toon dat meer as 40 persent van mense werkloos is. Bosnië se meer as drie miljoen kiesers kan die toekoms van hul voormalige Joego-Slawiese republiek by meer as 5 000 stemlokale besluit. Eerste amptelike uitslae word teen middernag plaaslike tyd verwag.

Bid: dat Sondag se stemming tot groter samewerking tussen die gemeenskappe sal lei. (Ro.15:5a)

Meer: http://www.worthynews.com/9606-news-watch-bosnia-votes-for-future-of-divided-nation-update