Wit-Rusland: Bid in hawelose skuiling 'n misdaad

Europa - - 11 Jul 2013 - Print - Email

'n Jong Katolieke leek, wat sy huis in 'n dorpie in die weste van Wit-Rusland in 'n skuiling vir hawelose mense met 'n gebedskamer verander het, word daarvan beskuldig dat hy 'n ongeregistreerde godsdiensorganisasie lei, het Forum 18 News Service verneem. Aleksei Shchedrov – wat sê hy het sedert Desember 2011 sowat 100 plaaslike mense gehelp – word ondersoek op kriminele aanklagte ingevolge artikel 193-1, en staar 'n maksimum moontlike vonnis van twee jaar gevangenisstraf in die gesig. Shchedrov ontken die owerhede se beskuldiging dat hulle 'n ongeregistreerde godsdiensorganisasie gestig het. 'Ek is 'n Christen en ek het begin om diegene te help wat in nood is,' het hy op 24 Junie by Forum 18 van die dorpie Aleksandrovka, Grodno [Hrodna]-streek aangedring. 'Ek gee vir hulle kos, 'n bed, 'n bad en klere en ek bid saam met hulle. Maar hierdie is geen godsdienstige organisasie nie, net liefdadigheid.' Plaaslike polisie het die kriminele ondersoek teen die 28-jarige Shchedrov van stapel gestuur ná klopjagte op die skuiling in Februarie en April.

Bid: vir Shchedrov dat die owerhede hom sal vrylaat en hom sal toelaat om voort te gaan om vir diegene in nood te sorg. (Rom.12:13)

Meer: http://www.christiantelegraph.com/issue20209.html