Wit-Rusland: Aanlyn petisie vir godsdiensvryheid geloods

Europa - - 09 Feb 2012 - Print - Email

’n Aanlyn-petisie is geloods om die wysiging van die Wit-Russiese kriminele kode te herroep, wat twee jaar tronkstraf toeken vir godsdienstige aktiwiteite sonder registrasie, berig Christian megaportal InVictory.org. Die skrywer van die petisie is Alexey Shein, medevoorsitter van die Belarus Christian Democracy party. Die doelwit is om 5 000 handtekeninge in te samel. In sy appèl merk mnr Shein op dat, sedert 2006, 18 mense ingevolge hierdie wet skuldig bevind is. 'Daar is honderde Christelike gemeenskappe en bedieninge wat sonder registrasie in Belarus werk. Baie organisasies het probeer om te registreer, maar hulle is geweier. Terselfdertyd beteken die reg op vryheid van assosiasie die reg om vrye verenigings te stig,' het die skrywer onderstreep.

Bid: vir 'n groot reaksie op die petisie en dat die owerhede hul wysiging sal heroorweeg. (Je.1:19)

Meer:http://www.christiantelegraph.com/issue15362.html