Azerbeidjan om beperkings op godsdienslektuur te verskerp

Europa - - 10 Nov 2011 - Print - Email

Teen middel November sal Azerbeidjan se parlement strenger wysigings aangeneem het vir diegene wat godsdienstige lektuur vervaardig of versprei. Hewiger boetes en lang tronkstraf sal nou die straf wees vir diegene wat nie hul godsdienstige lektuur aan verpligte staatsensuur onderwerp voordat hulle dit vervaardig of versprei nie, volgens Voice of the Martyrs, Kanada. Tronkstraf sal so lank as vyf jaar wees, en boetes sal so hoog as nege jaar se amptelike minimum lone wees, berig Forum 18 News. Die nuwe beperkings kom net maande na 'n wysiging aan Azerbaijan se godsdienswet. In Junie het die nasie 'n vereiste vir alle godsdienstige gemeenskappe beroep dat 50 volwassenes moet verklaar dat hulle stigters is sodat die groep om registrasie kan aansoek doen. Die wet verskerp sy greep om godsdienstige nekke elke keer as 'n wysiging bygevoeg word, wat Azerbeidjan in die top 25 mees vervolgde lande in die wêreld hou.

Bid: dat hierdie beperkings nie die verspreiding van Christelike materiaal en die Evangelie sal belemmer nie. (2Th.3:1)

Meer: http://mnnonline.org/article/16434