Oostenryk en Hongarye soek EU-hulp oor mensehandel

Europa - - 22 Sep 2011 - Print - Email

Oostenryk en Hongarye vra die EU om hulle te help om die Schengen-grens na die Balkan te bewaak ná 'n beweerde toename in mensehandel. Die kwessie sal vandag (22 September) bespreek word wanneer ministers van binnelandse sake waarskynlik 'n voorstel sal belê om die EU-kommissie 'n sê te gee in die herinstelling van grenskontroles en oor die uitbreiding van die grenslose sone na Bulgarye en Roemenië. In 'n gesamentlike brief wat deur EUobserver gesien is, vra die Oostenrykse en Hongaarse ministers van binnelandse sake vir 'gemeenskaplike optrede' om die Hongaars-Serwiese grens te beveilig wat handelaars in staat stel om Arabiese en Asiatiese migrante na Wes-Europa te bring. 'In Oostenryk en in Hongarye het ons onlangs 'n aansienlike toename in die aantal onderskeppings van onwettige migrante gesien, waarvan die meeste die land ingesmokkel is. Hierdie mense, bowenal burgers van Afghanistan, Pakistan, Indië, Somalië, Iran en Irak, word onder onmenslike omstandighede die Europese Unie ingesmokkel, meestal in omgeboude busse, vragmotors of motors,” lui die brief. Bid: dat almal wat in hierdie mensehandelprobleem vasgevang is, vrygemaak sal word. (Jes.42:7)

Meer: http://euobserver.com/22/113679