Duitsland se pogings om 'n na-oorlogse multikulturele samelewing te bou het 'heeltemal misluk', het die Duitse kanselier, Angela Merkel, gesê. Sy het 'n lang bestaande taboe in Duitsland verbreek om die immigrasiekwessie in 'n toespraak by Potsdam naby Berlyn aan te spreek. Mev Merkel het die naweek aan 'n vergadering van die jeugvleuel van haar party gesê: 'Multikulti, die konsep dat ons nou langs mekaar leef en gelukkig is daaroor, hierdie benadering het totaal misluk.' Sy het gepraat dae nadat 'n peiling getoon het dat 'n derde van alle Duitsers immigrante as welsynskule beskou. Mev Merkel het gesê: 'Ons voel gebonde aan die Christelike beeld van die mensdom. Dit is wat ons definieer. Die wat dit nie aanvaar nie, is hier op die verkeerde plek.' Gedagtig aan die nalatenskap van die Tweede Wêreldoorlog en rassebeleid wat miljoene hul lewens gekos het, was Duitse politici geneig om net in breë positiewe terme van die 'multikulti'-samelewing te praat.
Bid: dat Duitsland aanhou om sy Christelike erfenis aan almal te beklemtoon. (Ro.15:16)
Meer: http://www.vancouversun.com/news/Multikulti+failed+Germany+says+chancellor+Angela+Merkel/3684846/story.html#ixzz12tmKfCX7