Turkye: Aardbewing

Europa - - 01 Nov 2011 - Print - Email

Tienduisende slaap in tente of motors. Die Turkse Rooi Halfmaan het reeds 13 000 tente versprei, maar Reuters het tekorte aangemeld, veral in afgeleë dorpies. Nadat Ankara aan die wêreld aangekondig het dat hulle nie hulp wil hê om die aardbewing nagevolge te hanteer nie, het Ankara nou Israel se aanbod van hulp aanvaar en hul ministerie van verdediging toegelaat om 'n vliegtuig met 7 mobiele huise na aardbewing-verwoeste gebiede te stuur met nog hulp om te volg. Turkye het ook ingestem om verligting te ontvang van
Armenië, maar 'n formele versoek was nie teen Woensdag, vier dae nadat die aardbewing getref het, ontvang nie. Turkye is nou bereid om noodlenigingssendings van dertig lande te ontvang, wat vroeër hulp aangebied het, maar afgekeur is. Hierdie lande sluit in Rusland, die VSA, China, Japan, sowel as die EU. Sien: http://news.am/eng/news/79414.html Aslan International, wat in Turkye werk, het gesê 'Die harte van die hele nasie is geskud. Laat ons treur saam met hulle wat alles verloor het, ons vra jou om by God te pleit vir genade oor die nasie van Turkye.'

Bid: vir alle regering se reddingspogings, vir meer reddingsvoertuie en paramedici, dokters om vinnig by Van uit te kom, vir die weer - meteoroloë voorspel sneeu. Vir diegene wat nog vasgevang is om vinnig gevind te word. In u genade hoor Here ons gebed.

Meer: http://www.christiantoday.com/article/call.for.prayer.as.turkey.quake.death.toll.rises/28813.htm