Politici staar druk van die strate in die gesig voor vandeesweek se G20-beraad. Die stad Nice was reeds die plek van een groot betoging. Een plaaslike vrou het gesê: 'Ons wil net hê dat die armes van die planeet in ag geneem word, en dat alles wat op 'n globale vlak gebeur, menseregte in ag neem.' Protesgroepe sê hulle is vasbeslote om hul stemme dik te maak. 'n Man van Spanje het gesê: 'Terwyl ons polities is, is ons onpartydig, en ons is nie anti-stelsel nie, ons is anti-kapitalisties. Ons glo dat daar goeie politici is soos daar goeie beleid is, natuurlik is daar. Wat gebeur, is dat die 'slegtes' diegene is wat baie mag het.' Sekuriteit is verskerp voor die beraad, met honderde ekstra polisiebeamptes aan diens. Betogers van talle lande sak op die Franse Riviera toe.
Bid: dat die huidige probleme in die EU nie die G20-vergadering sal oorheers nie, maar vir oop bespreking sal toelaat. (Spr.13:10)
Meer: http://www.euronews.net/2011/11/01/protests-start-ahead-of-g20-summit-in-cannes/