Gebede en lofprysing vir Poolse leiers

Europa - - 19 Mei 2010 - Print - Email

In die lentesonskyn het sirenes en klokkies die twee minute stilte in die middag regoor Pole gemerk. By die kerk van St Stanislaw Kostka in 'n voorstad van Warskou was die stilte besonder aangrypend. Dit was hier waar Lech Kaczynski en sy vrou Maria na die Sondagdiens gekom het. Hulle banke is tydens die diens leeg gehou, gedrapeer in 'n groot rooi-en-wit Poolse vlag en 'n swart lint. Die glimlaggende foto's van die president en sy vrou is voor die altaar geplaas, saam met die name van die ander 94 mense wat aan boord van die presidensiële straler in Smolensk gesterf het. Jong kinders het saamgedrom en hul hande gretig opgesteek toe die priester hulle vra hoekom Pole in rou verkeer. Buite die stampvol kerk, a
groep bejaardes het hul trane afgevee. Danuta Kaniewska, 'n voormalige Solidariteit-aktivis het gesnik: 'Ons het ons elite verloor. Ons het almal seer.' Die tekens van rou is oral.

Bid: vir die mense van Pole dat hulle vertroos mag word in hul groot verlies. (Ps.119:50)

Meer: http://news.bbc.co.uk/1/hi/world/europe/8614290.stm