Italië soek 'n einde aan kruisverbod

Europa - - 02 Jul 2010 - Print - Email

Katolisisme het in 1984 opgehou om die staatsgodsdiens in Italië te wees. Die Italiaanse regering doen 'n beroep op die Europese Hof vir Menseregte om 'n verbod op klaskamerkruisfikse om te keer. Die saak teen kruisbeelde is aanhangig gemaak deur 'n vrou wat aangevoer het dat haar kinders 'n reg het op 'n sekulêre opvoeding onder Italië se grondwet. Verlede jaar het die hof met die ma saamgestem en gesê ouers moet kinders kan grootmaak soos hulle goeddink. Haar oorwinning het opslae in Italië veroorsaak, waar 90% van die bevolking hulself as Christene beskryf. Italië het Woensdag met sy appèl teen die hof se uitspraak – wat wyd geïnterpreteer is as inmenging in die land se kultuur, geskiedenis en godsdiens – begin. As die regering verloor, sal dit beteken dat alle godsdienstige artefakte in klaskamers regoor die Europese Unie verbied kan word. 'n Minister van die regering het gesê die uitspraak is 'skande' terwyl Mariastella Gelmini, minister van onderwys, gesê het die kruisbeeld is 'n 'simbool van ons tradisie', en nie 'n teken van Katolisisme nie.

Bid: dat sekularisme in hierdie belangrike saak teëgewerk word. (Ps.31:23)

Meer: http://www.telegraph.co.uk/news/worldnews/europe/italy/7862824/Italy-appeals-against-ban-on-school-crucifixes.html