Italië verkiesing: Nasie in 'dramatiese situasie'

Europa - - 28 Feb 2013 - Print - Email

Die woorde 'Italië onregeerbaar' verskyn in groot swart letters voor op een van die land se groter koerante. Die opskrif som die stemming in die nasleep van hierdie onbesliste verkiesing redelik op. Sentrum-linkse leier Pier Luigi Bersani sê Italië is in 'n 'dramatiese situasie' ná verkiesingsuitslae wat die land in politieke dooiepunt laat. Aandelemarkte en die euro het gedaal te midde van kommer dat die dooiepunt weer die skuldkrisis in die eurosone kan laat ontvlam. Maar mnr Bersani, wie se koalisie die meeste setels in die parlement gewen het, het nie 'n voorkeurvennoot in die regering geïdentifiseer nie. Hy het gesê alle politieke partye moet verantwoordelikheid vir die land aanvaar. Sentrum-regse leier, Silvio Berlusconi, het vroeër gesê dat nuwe verkiesings vermy moet word, en het gevra vir 'n tydperk van besinning. Ander Europese lande het Italiaanse politici aangemoedig om so gou moontlik 'n stabiele regering te skep - met Frankryk en Duitsland wat voortgesette hervorming aandring en Spanje wat die resultaat as 'n 'sprong na nêrens' beskryf.

Bid: vir 'n spoedige oplossing vir hierdie politieke dooiepunt. (Mal.2:2)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-europe-21594836