Hongarye: Stryd vir wettige erkenning van kerke

Europa - - 22 Des 2011 - Print - Email

Prayer Alert het in Junie berig oor 'n konsep godsdienswet wat onderdrukking uitmaak omdat dit teen godsdienstige minderheidsgroepe gediskrimineer het en 'n onderdrukkende godsdienswet sou skep wat strydig is met fundamentele menseregte. Sien Gebedswaarskuwing 25-2011. Hongarye se konstitusionele hof het vandeesweek die nuwe wet wat wetlike erkenning van almal behalwe 'n handjievol van die land se geregistreerde godsdiensverenigings sou onttrek het, nietig verklaar. Prys die Here! 'n Kerkkommentator het egter gewaarsku dat die uitspraak 'net 'n tegniese vertraging' is, en het voorspel dat die wet steeds vanaf die begin van 2012 toegepas sal word.

Bid: dat enige veranderinge in Hongarye se wet nie die reg op godsdiensvryheid sal skend nie. (Eks.22:28)

Meer: http://www.eni.ch/news/item.php?id=5367