Human Rights Watch en marteling

Europa - - 02 Jul 2010 - Print - Email

Drie lande – Frankryk, Duitsland en die VK – verkry buitelandse intelligensie vir veiligheids- en polisieaangeleenthede van lande wat gereeld marteling gebruik om inligting te bekom, beweer ’n verslag wat op 28 Junie deur Human Rights Watch uitgereik is. Boonop benadeel die gebruik van martelingintelligensie in die stryd teen terrorisme die geloofwaardigheid van die Europese Unie, aangesien dit teenmartelriglyne weerspreek. Intelligensiedienste in die drie lande beweer dit is onmoontlik om die bronne en metodes te ken wat gebruik word om gedeelde inligting in state soos Algerië, Sirië, Jordanië, Verenigde Arabiese Emirate, Oesbekistan en Pakistan te bekom. Maar amptenare in die VK en Duitsland het openbare verklarings gemaak wat aandui dat hulle glo dat dit soms aanvaarbaar is om buitelandse intelligensie te gebruik, selfs al is dit onder marteling verkry, lui die verslag. Die dokument van 62 bladsye verwys na die saak van Djamel Beghal, wie se verklarings wat onder mishandeling in die Verenigde Arabiese Emirate gemaak is, teen hom gebruik is in 'n Franse hof, waar hy tereggestaan het vir 'n terreuraanval.

Bid: dat selfs diegene wat onmenslike dade beplan, menslik behandel word. (Ps. 79:11)

Meer: http://euobserver.com/9/30378