Frankryk: Ontmoeting oor Roma by EU-beraad

Europa - - 21 Sep 2010 - Print - Email

Dit lyk asof 'n rusie oor Frankryk se onderdrukking van Roma (Sigeuners)-migrante uit Roemenië en Bulgarye 'n beraad van EU-leiers in Brussel sal oorheers. President Nicolas Sarkozy was woedend nadat 'n EU-amptenaar Frankryk se verwydering van Roma vergelyk het met die deportasie van sigeuners tydens die Tweede Wêreldoorlog. Viviane Reding, EU-kommissaris vir justisie, het ook met regstappe teen Frankryk gedreig. Die EU-leiers sal ook maniere bespreek om 'n nuwe finansiële krisis te voorkom. En hulle sal poog om hul benadering tot opkomende moondhede soos China en Indië te koördineer. Dit was nie bedoel om 'n beraad oor die Roma te wees nie, maar mnr Sarkozy lyk vasbeslote om in Brussel op die offensief te gaan om Frankryk se reputasie as die tuiste van menseregte te verdedig. Daar word gesê dat hy geskok is deur me Reding se kritiek, wat spottend voorstel dat die Roma na haar land, Luxemburg, moet gaan. (Sien ook Gebedswaarskuwing 3510)

Bid: dat die Franse regering die menseregte van die Roma-mense en die onregverdigheid van huidige besluite sal oorweeg. (2Kr.19:7)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-europe-11323053