Frankryk: Sarkozy verdedig Christelike erfenis

Europa - - 10 Mar 2011 - Print - Email

Die Franse president Nicolas Sarkozy het opslae in Frankryk gemaak deur terug te keer na 'n tema wat eens by hom algemeen was, maar wat hy blykbaar laat vaar het: die belangrikheid van Frankryk se Christelike erfenis, berig LifeSiteNews.com. Sarkozy het voor 'n skare hooggeplaastes in die antieke stad Puy-en-Velay, 'n sleutelplek in die geskiedenis van Franse godsdienstige toewyding, gepraat en die belangrikheid van die Christelike bydrae tot die kulturele grondslae van Frankryk verdedig. 'Die Christendom het vir ons 'n wonderlike erfenis nagelaat. Ek is die president van 'n sekulêre republiek, maar ek kan dit sê omdat dit die waarheid is. Ek proseliteer nie,” het hy aan die groep gesê. Hy het bygevoeg: 'Chartres, Amiens, Reims, Straatsburg, Parys, nie een van hierdie dorpe sou vandag wees wat hulle is in die oë van die Franse en die oë van die res van die wêreld sonder hierdie katedrale waarop die gelowiges en toeriste altyd bymekaarkom nie .'

Bid: dat president Sarkozy se kommentaar oor die belangrikheid van Christelike erfenis wyd aanvaar sal word. (Ps.119:111)

Meer: http://www.christiantelegraph.com/issue12442.html