'n Franse burgemeester staar tot vyf jaar tronkstraf en 'n boete van tot £63 000 in die gesig omdat hy geweier het om 'n selfdegeslaghuwelik uit te voer. Jean-Michel Colo, 'n burgemeester in Suidwes-Frankryk, het 'n huweliksaansoek van twee mans van die hand gewys en sê hy staan by sy besluit. Maar onder Franse wetgewing kan diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie strafbaar wees met tot 'n halwe dekade in die tronk en tot 'n boete van 75 000 Euro. Hy kan ook uit sy amp verwyder word, of geskors word oor die skuif – wat deur sy adjunkte ondersteun word. Burgemeester Colo het gesê hoewel dit aan individue is wat hulle in die privaatheid van hul eie huise doen, 'as jy my as die burgemeester vra om dit te ondersteun, dan is ek baie ongemaklik daarmee'. Die Franse minister van binnelandse sake het met 'n Franse koerant gepraat en gesê verkose amptenare "wat nie die wette van die republiek respekteer nie, sal aansienlike sanksies waag". (Sien Gebedswaarskuwing 17-2013)
Bid: vir Jean-Michel dat hy die krag sal kry om by sy besluit te staan en ondersteuning vir sy oortuigings te ontvang. (Lev.20.13a)
Meer: http://www.christian.org.uk/news/france-mayor-faces-jail-for-gay-wedding-refusal/