Europese markte het skerp gedaal namate beleggers meer riskante bates wil aflaai te midde van vrese dat die eurosone-skuldkrisis besig is om te versprei. Brittanje se FTSE-100 het 1,5 persent gedaal terwyl Duitsland se DAX-30 en Parys CAC-40 albei meer as twee persent gedaal het in die middel van die sessie verhandeling Dinsdag. Die euro het ook tot 'n vier maande laagtepunt teenoor die Amerikaanse dollar gedaal. Asiatiese aandele het ook Dinsdag getuimel, met die Nikkei wat 1,43 persent laer gesluit het in Tokio, Sydney wat 1,90 persent verloor het, Hong Kong 2,19 persent en Sjanghai 1,48 persent aan die sluiting van die dag se verhandeling. Die verliese kom na aanleiding van 'n skerp verkope op Maandag. 'Dit lyk asof dinge in Europa net van sleg tot erger gaan; jy kry die gevoel dat owerhede bloot die gate in 'n sinkende skip probeer toestop. Op die einde van die dag vertraag hulle net die onvermydelike', het Ben Potter, strateeg by IG Markets, gesê.
Bid: vir die finansiële situasie binne die eurosone dat 'n oplossing gevind sal word om die gly na 'n verdere resessie te stuit. (Spr.22:2-4)
Meer: http://english.aljazeera.net/news/europe/2011/07/20117126241121921.html