Werkloosheid in die eurosone bereik nuwe hoogtepunt

Europa - - 11 Jan 2013 - Print - Email

Die werkloosheidskoers in die eurosone het in November 'n nuwe hoogtepunt van 11,8% bereik, het amptelike syfers getoon. Dit is 'n effense styging op 11,7% vir die 17-lande-streek in Oktober. Die koers vir die Europese Unie as geheel in November was onveranderd op 10,7%. Spanje, wat in 'n diep resessie vasgevang is, het weer die hoogste werkloosheidsyfer aangeteken, wat op 26,6% te staan gekom het. Meer as 26 miljoen mense is nou werkloos regoor die EU. Vir die Eurosone het die aantal mense sonder werk 18,8 miljoen bereik, sê Eurostat, die amptelike Europese statistiekagentskap. Griekeland het die tweede hoogste werkloosheidsyfer in November gehad, op 20%. Die jeugwerkloosheidsyfer was 24,4% in die Eurosone, en 23,7% in die breër Europese Unie. Jeugwerkloosheid - onder mense onder 25 - was die hoogste in Griekeland (57,6%), gevolg deur Spanje (56,5%). Algehele werkloosheid was die laagste in Oostenryk (4,5%), Luxemburg (5,1%) en Duitsland (5,4%).

Bid : vir die vermoë van die owerhede om die werkplekvlakke regoor die Eurosone te verhoog. (Ps.90:17)

Meer : http://www.bbc.co.uk/news/business-20943292