Verteenwoordigers van Europese teologiese fakulteite en kerkteologiese institute het daarteen gewaarsku dat universiteite die onderrig van teologie laat vaar ten gunste van godsdiensstudies wat as ’n meer algemene benadering beskou word, berig Ecumenical News International. "Teologie het 'n groot rol om binne die universiteit te speel deur stereotipes teë te werk, maniere te demonstreer om godsdienskonflik te hanteer, en sy eie unieke spesifisiteit in dialoog met ander dissiplines uit te werk," het Ortodokse Metropolitaan Emmanuel van Frankryk, die president van die Konferensie van Europese Kerke.
Bid: dat die volle boodskap van die Evangelie nie weggesteek sal word vir diegene wat die Skrif bestudeer nie. (Pred 1:13)