Europese beslissing: Gay-huwelike is nie 'n 'mensereg'

Europa - - 29 Mar 2012 - Print - Email

Selfdegeslaghuwelike is nie 'n mensereg nie, het Europese regters beslis. Hul besluit vernietig die aanspraak deur ministers dat gay-huwelike 'n universele mensereg is en dat paartjies van dieselfde geslag 'n reg het om te trou omdat hul wedersydse verbintenis net so sterk is soos dié van mans en vrouens. Die uitspraak is gemaak deur regters van die Europese Hof vir Menseregte in Straatsburg na 'n saak waarby 'n lesbiese egpaar in 'n siviele vennootskap betrokke was, wat gekla het die Franse howe sal hulle nie toelaat om 'n kind as 'n egpaar aan te neem nie. Die uitspraak sê ook dat as gay paartjies toegelaat word om te trou, enige kerk wat troues aanbied, skuldig sal wees aan diskriminasie as hy weier om selfdegeslagpare te trou. Die uitspraak kom enkele dae nadat die regering 'n konsultasiedokument gepubliseer het wat trou aan selfdegeslagpare belowe het en duidelik gemaak het dat Brittanje net ander lande inhaal.

Bid: dank God vir hierdie beslissing van die EU en bid dat die Britse regering sal luister. (Ps.119:126)

Meer: http://www.dailymail.co.uk/news/article-2117920/Gay-marriage-human-right-European-ruling-torpedoes-Coalition-stance.html#ixzz1plF0vvBU