Die Europese Kommissie het die EU se 27 lidlande gevra om nasionale strategieë voor die einde van vanjaar voor te lê wat daarop gemik is om die lewenstandaarde van Roma (Sigeuners) te verhoog. Roma word veral benadeel in onderwys, gesondheidsorg, behuising en toegang tot werk, sê die kommissie. Franse deportasies van Roma na Roemenië en Bulgarye verlede jaar het skerp kritiek in die EU ontlok. Een EU-opname het bevind dat slegs 42% van Roma-kinders laerskool voltooi het. Die opname, in ses EU-lande, het ook geskat dat Roma-bywoning in sekondêre onderwys slegs 10% is. Die EU se Kommissaris vir Indiensneming en Maatskaplike Sake, Laszlo Andor, het gesê 'die aanhoudende uitsluiting van Roma-mense is onaanvaarbaar in Europa van die 21ste eeu'. 'Die lewensomstandighede van die meerderheid Roma en hul verhoudings met die hoofstroom-samelewing het die afgelope paar jaar net versleg.' Die Kommissie, wat EU-wette opstel, het Dinsdag 'n bloudruk voorgelê om sosiale uitsluiting aan te pak wat Europa se 10-12 miljoen Roma raak. (Sien Gebedswaarskuwing 4910)
Bid: dat hierdie inisiatief om die Roma regoor Europa te help suksesvol sal wees om hul behoeftes aan te pak. (Spr.19:15)