EU geroep om op te tree teen korrupsie

Europa - - 29 Mar 2012 - Print - Email

Christelike kampvegters het 10 000 oproepe tot aksie teen korrupsie aan die Europese Unie gelewer. Verteenwoordigers van Micah Challenge, Mission-Net, Tearfund en Exposed het die poskaarte Woensdag in Brussel aan EU-besluitnemers oorhandig. Op die poskaarte was boodskappe geskryf van ondersteuners regoor 22 lidlande wat die EU versoek om sterk wette aan te neem wat olie-, gas- en mynmaatskappye op die Europese Aandelebeurse sal dwing om te publiseer wat hulle aan regerings betaal vir toegang tot die natuurlike hulpbronne. Joel Edwards, die Internasionale Direkteur van Micah Challenge, het gesê: 'Dit is 'n skandaal van ons tyd en EU-leiers het 'n verantwoordelikheid om te verseker dat korrupsie nie die lewens van die armes regoor die wêreld verwoes nie.

Bid : dat die EU aksie sal neem om sterk wette teen korrupsie deur te voer.

Meer: http://www.christiantoday.com/article/eu.called.to.act.on.corruption/29517.htm