Dwelmsmokkelaars wat 'winsgewende' Europese mark teiken

Europa - - 26 Jan 2012 - Print - Email

'n Senior amptenaar by Europol, die EU-agentskap vir misdaadbekamping, het kommer uitgespreek oor 'kommerwekkende' nuwe neigings in die onwettige dwelmmark. Patrick Byrne het Dinsdag in Brussel gepraat en gesê dat die DNS van dwelmsmokkelaars die afgelope jare verander het. "Hulle word slimmer en meer gesofistikeerd in hul metodes as ooit tevore," het Byrne, assistent-direkteur vir die operasionele afdeling by Europol, gesê. Hy het ook gesê dwelmsmokkelaars, insluitend Mexikaanse kartelle, gaan voort om die 'winsgewende' dwelmmark in Europa te teiken, en probeer toenemend 'n vastrapplek kry deur roetes deur die Balkan te gebruik. Byrne het op 'n gesamentlike nuuskonferensie gepraat met Russell Benson, 'n streeksdirekteur van die Amerikaanse Drug Enforcement Administration (DEA). Europol het in sommige kringe onder skoot gekom weens 'n beweerde gebrek aan impak in die stryd teen georganiseerde misdaad, insluitend dwelmhandel. Maar Byrne het gesê die agentskap het 'n 'regte' impak gehad sedert dit 'n volwaardige EU-agentskap in 2010 geword het.

Bid : dat Europol sal voortgaan om sukses te behaal in die aanpak van die dwelmbedreiging. (Rom.6:20)

Meer: http://www.theparliament.com/latest-news/article/newsarticle/drug-smugglers-increasingly-targeting-lucrative-european-market/