Tientalle tale wag nog vir Bybelvertalings in...Europa?

Europa - - 30 Jun 2011 - Print - Email

Wanneer jy 'onbereikte mensegroepe' hoor, dink jy waarskynlik aan stamme in Afrika en Asië, of aan klein gemeenskappe van landelike mense. Maar selde kan Europa by jou opkom. Dit is maklik om te dink dat in Europa, enigiemand wat 'n Bybel kan bekostig, toegang tot een in hul eie taal kan kry. Maar daar is dosyne tale wat deur 'n gemarginaliseerde gemeenskap gebruik word wat geen Bybelvertaling het nie. Die Dowe bevolking in Europa bestaan uit ongeveer 900 000 mense, volgens 'n 2010-verslag. Regoor die vasteland is daar ongeveer 70 verskillende Gebaretale wat gebruik word. Bybelvertalingsprojekte is aan die gang in meer as 20 Gebaretale in Europa deur verskeie agentskappe, maar baie ander het nog nie toegang tot die Woord nie. In 'n poging om hierdie onbereikte gemeenskap te bereik, begin Wycliffe Bybelvertalers 'n opname oor die Europese Dowe gemeenskap. Tans benodig Wycliffe meer taalmeters vir werk in hierdie area.

Bid: vir die werk van Wycliffe terwyl dit maniere soek om Gebaretale regoor Europa te vertaal. (1Pet.1:23)

Meer: http://www.christiantelegraph.com/issue13131.html