Christelike satelliet-TV geraak deur Ciprus bankkrisis

Europa - - 05 Apr 2013 - Print - Email

SAT-7 sê sy finansiële probleme is 'vererger' deur die bankkrisis wat Ciprus raak. Die Christelike satellietkanaal se internasionale kantoor is in die Cypriotische hoofstad, Nicosia, gevestig, waar die banke nou eers heropen ná byna twee weke van gedwonge sluiting. Die organisasie het verlede week by sy Netwerk 2013-konferensie aan ondersteuners erken dat hy nuwe strategieë vir inkomste-generering ondersoek as gevolg van toenemende finansiële uitdagings. Dr Terence Ascott, SAT-7 se uitvoerende hoof, sê 'Vir vier jaar werk ons met 'n plat begroting wat baie uitdagend was. As ons nou nie ons ondersteuning aansienlik verhoog nie, sal ons nie ons programme op hul huidige vlakke kan volhou nie.' Ten spyte van die finansiële stryd het ondersteuners gehoor hoe die kanaal gebruik word om versoening te bevorder en die geloof van lydende Christene te versterk in 'n tyd van ongekende omwenteling in die Midde-Ooste en Noord-Afrika.

Bid: vir 'n spoedige oplossing vir hierdie finansiële krisis en dat alternatiewe befondsing vir SAT-7 gevind sal word (Ps.119:153)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/christian.satellite.tv.hit.by.cyprus.banking.crisis/31992.htm