Christelike dokumentêr word op gesogte TV-fees uitgesaai

Europa - - 07 Jun 2010 - Print - Email

'n Dokumentêr deur SAT-7, 'n Christelike satelliettelevisiediens aan die Midde-Ooste en Noord-Afrika, is gekies vir vertoning by die Europese televisiefees van godsdienstige programme in Berlyn, saam met programme van die BBC, Zweites Deutsches Fernsehen (ZDF, Duits nasionale televisie) en ander TV-stasies regoor Europa. Die fees, wat van 2 tot 6 Junie duur, sal 23 programme wys uit 'n totaal van 70 wat vir die kompetisie ingeskryf is. Inskrywings het van 36 stasies regoor Europa, Kanada en die Midde-Ooste gekom. Die fees word elke drie jaar gehou en pronk en beloon programme wat aan waardes in godsdiens, geloof en etiek raak.

Bid: dat die SAT-7-program Goddelike erkenning sal ontvang in hierdie hoofsaaklik sekulêre sektor. (1Kor.16:18)

Meer: http://www.christiantelegraph.com/issue9923.html