New York Jets volg Jesus se leiding

Die vroue, kinders en bejaardes wat uit die Oekraïne vlug, ly die meeste deur die trauma van Rusland se voortdurende aanslag. Ter ondersteuning van wat kerke in die Oekraïne en Pole doen, het die New York Jets $100 000 geskenk vir die werk van 'CityServe Krakow Housing Project'. Hulle doel is om vlugtelingbehuising in Krakow, Pole, uit te brei. Die geld sal veilige huise vir gesinne voorsien wat 'n kombuis en waskamer, en kos en noodsaaklike benodigdhede insluit. CityServe het gesê dit is ongelooflik dat 'n sekulêre organisasie met geloofsgebaseerde organisasies saamwerk om die evangelie in hierdie oorloggeteisterde streek te sien versprei.